top of page

1995

Hierdie klein plekkie was toegerus met alle benodigdhede, aangesien alle prosedures hier gedoen is en al die dokters binne hierdie grense moes werk. Daar was vroeër net een verpleegsuster per skof, met soms 'n hulpverpleegster. Baie WCA's het deur hierdie area gegaan aangesien dr. Rudiger se kamers geleë was waar die PH-kamer is, en hy en sr. Dagmar het hierdie pasiënte versorg.

 

Destyds die suster aan diens by ongevalle  moes die opnames van pasiënte op rekenaar doen, die lêer oopmaak en die plakkers druk aangesien geen klerk beskikbaar was nie.

 

Weens opknappingswerk moes die ongevalle-afdeling verskuif word na waar die huidige dagafdeling is. Sonars is deur wyle dr. Beukes in die PH-studiekamer gedoen.

 

Daar moet onthou word dat die hospitaal voor dit uitsluitlik deur die Nonne bestuur is.  Administrasie in die vroeër jare was baie eenvoudig: alle inligting by opname is in een boek geskryf, 'n baie groot en wye een, en een reël per pasiënt was voldoende. Baie pasiënte was privaat pasiënte en het net een rekening gekry toe hulle weg is.  Gespesifiseerde rekeninge is slegs vir mediesefondspasiënte geskryf. Die boekhouding vir inkomste en uitgawes was 'n eenvoudige "Portugese winkel" tipe boekhouding - alles in een boek. Aangesien die hospitaal as die eiendom van die kerk gesien is en nie as 'n individuele saak nie, is balansstate aan die einde van die jaar as onnodig beskou. Die apteek was binne die kantoor: ontvangs , administrasie, rekeningkundige kantoor en apteek was almal in een vertrek. Dit het op een of ander manier gewerk.
 

bottom of page